
=====================================================================
Buro van woorde staan sterk (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Buro van woorde staan sterk

Deel XI van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is op 29 Mei aan die Minister van Kuns, Kultuur, Wetenskap en Tegnologie, dr. Ben 
Ngubane, by die Buro van die WAT oorhandig. Langs dr. Ngubane (tweede van links) staan dr. Dirk van Schalkwyk, hoofredakteur van die WAT, 
prof. Andreas van Wyk, rektor van die Universiteit van Stellenbosch en voorsitter van die Beheerraad van die WAT, en mnr. Michael Kumalo, 
voorsitter van Pansat.
---------------------------------------------------------------------
Christo Botha spog met die Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se prestasies.

Die Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal het oor die afgelope dekade 'n reputasie opgebou as 'n leier op die gebied van die 
bestuur en beplanning van 'n woordeboekprojek. Die beplanning vir deel XII, wat die letters P en Q sal bevat, is reeds gedoen en dit 
behoort vroeg in 2003 op die rak te wees. Die gedagte is dat die WAT uiteindelik uit twintig dele sal bestaan.

In Mei vanjaar is die elfde band van die WAT bekend gestel, drie en 'n half jaar na die verskyning van Deel X. Dit bevat die letters N en O 
en is 'n allemintige boek van 935 bladsye.

Woordeboekprojekte van die omvang van die WAT het wreldwyd die selfvernietigende neiging om baie stadiger te vorder as wat aanvanklik 
bereken is. Die dramatiese versnelling van die WAT die laaste tien jaar, wat aan steeds verbeterende rekenaarprogramme en nougesette 
bestuur en beplanning toegeskryf kan word, dwing internasionaal respek af. Die Svenka Akademiens Ordbok (Sweedse Akademiese Woordeboek) het 
dr. Dirk van Schalkwyk, hoofredakteur van die WAT, genooi om 'n week lange beplanningsessie vir di projek in Lund, Swede, te lei. Die 
projek was in 'n verknorsing omdat die woordeboek teen 2017 voltooi moet wees en hulle teen die huidige tempo beslis nie di teikendatum 
sal haal nie. Ook die Noorse Woordeboek, wat in Oslo gesetel is, het dr. Van Schalkwyk genooi om hulle te besoek om strategie te bespreek. 
Die Noorse Woordeboek moet teen 2014 voltooi wees, want daarn sal geen verdere staatsondersteuning verleen word nie.

Die WAT is 'n omvattende woordeboek wat sinchronies van aard is. Dit behels onder meer dat daardie betekenis van 'n woord wat die 
algemeenste of gebruiklikste is, eerste aangebied word en die mins gebruiklike betekenis laaste. Betekenisse word dus nie chronologies van 
die oudste tot die jongste gerangskik nie. As omvattende woordeboek probeer dit om die totale woordeskat van Afrikaans te weerspiel.

Die opstel van 'n omvattende woordeboek bly steeds 'n tydrowende proses en soms is dit selfs 'n eenvoudige woord wat baie aandag verg. In 
Deel XI van die WAT word byvoorbeeld bykans vier bladsye aan die woordjie op gewy. Hierna volg die samestellings met op as eerste komponent 
en dit is hier waar die WAT sy byderwetsheid toon; opfieks, opfoes en opfoeter sal jy almal daar kry. 'n Woord soos opfieks word egter 
duidelik getiketteer as (geselstaal) en (na die Engels to fix up).

As 'n mens dink aan al die probleme van die leksikograaf, dan stem jy saam met die befaamde Nederlandse leksikograaf Van Dale wat in 1871 
soos volg in sy voorwoord geskryf het: "Het schrijven van een woordenboek is een ondankbaar, een verdrietig werk."

'n Omvattende woordeboek kan egter nie lle woorde opneem nie en 'n vakspesialis sal noodwendig soms tevergeefs na 'n vakterm in die WAT 
soek. Drvoor moet hy hom tot 'n vakwoordeboek wend. Vakterme wat in algemene gebruik is, word egter wel opgeneem. Die definisies van 
sulke terme moet sodanig wees dat die wetenskaplike dit as korrek beskou, maar dit moet ook vir die leek verstaanbaar wees. Die nie-
wetenskaplike sal waarskynlik nie weet wat 'n noniusskaal is nie  dis beslis nie Nonnie se badkamerskaal nie  maar die WAT definieer die 
woord toeganklik, kompleet met sitate. So is daar ook woorde soos oksaalsuur, ossillasie, ens.

Die regering het hom verbind tot die vestiging van 'n woordeboekeenheid vir elkeen van die elf amptelike landstale en die taak om die 
eenhede op die been te bring is aan die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad opgedra. Die Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is tans 
besig om in noue samewerking met PANSAT 'n belangrike rol te speel in die opleiding van personeel vir die nuwe woordeboekeenhede.

Benewens die samestelling van die WAT, behartig die Buro ook die redaksionele versorging van Lexikos, 'n internasionale vaktydskrif vir 
leksikograwe. Daar word ook gereeld satellietpublikasies saam met buite-outeurs gepubliseer en tans word daar in samewerking met die 
Woordenboek der Nederlandsche Taal en drie plaaslike etimolo gewerk aan 'n Afrikaanse Etimologiewoordeboek.

Die opleidingskursusse van die Buro word deur leksikograwe en studente tot van Namibi, Angola, Tanzani, Zambi en Gaboen bygewoon.

Na aanleiding van die verskyning van Deel Elf, het Hennie Aucamp 'n prysvers geskryf, opgedra aan Dirk van Schalkwyk en sy span.
My tuintjie van herinnering
 hoort in die WAT
 wat elke boom en groente
 sy naam en spelling gee.
 My moestuin spog met kerwel
 en jaartse rankpeslyn
 wat jy met sout en olie
 tot slaaitjie kan verfyn,
 My voortuin het kombersblom,
 pempempies op 'n ry,
 en keiserskroon en bergroos
 en thkombos nog daarby.
 Die WAT se akker
 volg streng die alfabet;
 beskut teen swartryp, roes, kapok
 die woorde wat ons het.
 Deel XI van die WAT sowel as alle vorige dele kan van die Buro bestel word of by Banghoekweg 115 in Stellenbosch afgehaal word. Die 
plastiekband van Deel XI kos R100.32 indien dit by die Buro afgehaal word en die leerband R190.38. Vir posbestelling moet R30 bygevoeg 
word. Belangstellendes kan ook op afspraak die Buro besoek (telefoon: 021 887 3113) of die Buro se webtuiste by 
http://www.sun.ac.za/wat/index.htm. Christo Botha is 'n oud-medewerker van die WAT.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7411.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

